Kontak Ons Vandag
Ons strewe om elke leerling in sy totaliteit te
ontwikkel en trots te kweek
Ons Skool
1969. Dit is die jaar toe die eerste twee stene opmekaar gesit is om ‘n begin te maak aan ‘n merkwaardige skool, Laerskool Hadisonpark. Ja, die skool is eers op die 11de September 1971 hernoem na Laerskool Eureka. Die skool se deure het amptelik geopen in Januarie 1971. Mnr Louis Pienaar was die eerste skoolhoof en het met groot trots die skool geopen met ‘n leerdertal van 186 leerders en 5 onderwysers.
2022 was ’n uitmuntende jaar vir die Laerskool Eureka.
Die School Communicator is ‘n geïntegreerde kommunikasie oplossing wat ons toelaat om te kommunikeer met ouers. Maak nie saak waar ouers is, ons sal seker maak dat julle ʼn boodskap kry.
Hoogtepunte
ʼn Hoë premie word op akademiese werk geplaas. Daar word aan elke leerder na gelang van sy/haar vermoëns omgesien en individuele aandag sal so veel moontlik gegee word. Remediërende onderrig word ingespan as ondersteuning vir akademiese probleme. Hoewel formele assessering in die vorm van toetse en eksamens plaasvind, moet ouers en leerders daarop let dat leerders se werk deurlopend geassesseer word. Eureka is die no. 1 Akademiese Laerskool in die Noord-kaap en van die beste in die land.
Om deelname aan te moedig en om leerders toe te rus met sportmanskap, selfdissipline, selfbeheersing en deursettingsvermoë.
Ouers en toeskouers moet hulself as verteenwoordigers van die skool sien wanneer hul wedstryde bywoon of hul kinders ondersteun. U word aangemoedig om die span waarin u kind speel te ondersteun asook soveel as moontlik van die ander skoolspanne.
Positiewe ondersteuning word op prys gestel.
Waardes
Omgee
Respek
Verantwoordelikheidsin
Regverdigheid
Betroubaarheid
Burgerskap
Integriteit